Kontak Ons: 012 361 5526

Die Kaart met n bonus

Kry Jou Kaart Nou!

Nuus

Kontantlenings aan Lede:

Lede word daaraan herinner dat kontantlenings beskikbaar is aan lede wat lidmaatskap vir langer as 12 maande geniet. Die maksimum leningsbedrag beskikbaar beloop R20 000, afhangende van die inkomste van 'n lid. Hierdie lenings word aangebied teen 'n vaste mededingende rentekoers en word bereken teen die prima uitleenkoers plus 5%. Skakel asseblief ons leningsdepartement, indien u belangstel in hierdie fasiliteit.

Aankoopkaarte-Afhanklike Studente:

Ons wil u daaraan herinner dat lede kan aansoek doen vir addisionele aankoopkaarte op hul rekeninge vir afhanklike kinders wat by tersiêre instellings studeer. Baie lede het reeds gebruik gemaak van hierdie fasiliteit. Na voltooiing van hul studies en die intree van die arbeidsmark, kan hulle dan aansoek doen vir 'n volwaardige lidmaatskap en kan dan hul aankope op hul eie rekeninge doen. Lede wat belangstel kan die kantoor skakel vir verdere inligting.